02/06/2026
By Vaalbank-Suid Buurtwag gaan dit oor meer as net veiligheid, dit gaan oor gemeenskap.
Ons is dankbaar en trots dat ons ondersteuning van die gemeenskap raakgesien en waardeer word. Baie dankie aan Dr CF Visser Primêre Skool vir die mooi waarderingsbrief na hul onlangse Gholfdag.
Dit is vir ons 'n voorreg om betrokke te wees waar ons kan help, of dit nou deur ondersteuning, samewerking of diens aan die gemeenskap is. Wanneer ons hande vat, bou ons saam aan 'n beter toekoms vir ons kinders en ons omgewing.
'n Opregte dankie aan elke lid, ondersteuner en inwoner wat help om Vaalbank-Suid 'n veilige en omgee-gemeenskap te maak. Hierdie erkenning behoort aan julle almal.
Vaalbank-Suid Buurtwag – Veiligheid, Gemeenskap en Omgee.