30/10/2026
Vandag het die sterkste mens wat ons ken, vir die laaste keer kom werk. Theron - jy het in 26 jaar 'n geweldige groot indruk op almal rondom jou gemaak. Jy was positief, het altyd 'n grappie byderhand gehad en jou hande het vir niks verkeerd gestaan nie - daar was niks wat jy nie kon maak of mooimaak nie. Hout en kos en die see is jou passies. Ons wens vir jou oop paaie en avonture om elke draai toe - julle moet die volgende fase van julle lewe baie geniet! Kom loer enige tyd in vir koffie en beskuit - ons mis jou al klaar x